Welkom by Bredasdorp Steenwerke
Bredasdorp Steenwerke spesialiseer in die maak van NFX (“Non-Face-
Extra”) stene, sowel as NFP (“Non-Face-Plaster”) stene en Klinkerstene
(“Overburns”).
Ons verskaf en versprei ook “Facebricks” van COROBRICK
en CABRICO op ‘n agentskap-basis indien die minimum hoeveelheid
bestel word. Gedurende 1984 word Bredasdorp Steenwerke oorgeneem
deur Johannes Andries Jamneck (Buks), geleë op die plaas
Kleinsanddrift, 7km buite Bredasdorp. Bredasdorp Steenwerke word
uitgebrei tot een van die grootste verskaffers van klei bakstene in die
Overberg Distrik.
Kontak Ons
Tel no: 028 424 2130
0
Jaar in Bestaan
0
Werknemers
Meer oor ons...
Gedurende 1996 neem Buks se twee seuns, Leon en Andrè (Pannie) die leisels by hul pa oor en brei die besigheid verder uit met onder andere vertakkings wat die vervaardiging en verspreiding van sementprodukte soos sement boublokke, plaveisel sement stene ens. insluit. Overberg Brick & Pave, wat onder die JAMNECK TRUST /BREDASDORP STEENWERKE vaandel handel dryf, het takke in Bredasdorp sowel as Struisbaai.
JM Bouers doen al meer as 15jaar besigheid met Bredasdorp Steenwerke - flink diens en kwaliteit produkte, ek gee hulle 10/10! Johannes Moses
Johannes Moses
Owner of JM BOUERS
Persoonlike diens en altyd die beste pryse. Sien uit na die pad vorentoe saam met Bredasdorp Steenwerke!
Charl Coetzee
Owner of Coetzee Bouers
Vriendelike diens, kwaliteit produkte en die beste pryse - n wen kombinasie! Ons is trots om ñ lojale klient van Bredasdorp Steenwerke te wees!
Jaco Crafford
Owner of Crafford Meesterbouers